Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
'Net verslaafdes kan so wreed wees'

“My pa het teruggeveg omdat hy besorgd was oor my ma. Die aanvallers het ’n kussing oor haar gesig gesit en gedink dat sy dood was.”

So sê die dogter van ’n bejaarde egpaar wat Saterdagoggend douvoordag in hul huis in Surrey Estate, Kaapstad, aangeval is.

Forensiese spanne het Sondag steeds die moordtoneel vir leidrade gefynkam, waar Peter Goliath (70) gesterf het toe hy sy vrou, Elizabeth (69) teen die twee inbrekers probeer beskerm het.

Die lyk van Peter Goliath, word uit sy huis in Orionstraat, Surrey Estate, gedra. Foto: Gangwatch, Facebook

Die inbrekers het die huis vermoedelik deur ’n venster binnegegaan. Hulle het die egpaar oorval, gedreig, geld geëis en hulle geslaan.

Volgens die polisie het Peter geveg om sy vrou en huis te beskerm. Hy het op die toneel aan sy beserings beswyk.

Elizabeth het gesigbeserings opgedoen en is na ’n nabygeleë hospitaal gebring.

Die rowers het met ’n platskerm-televisiestel en ’n selfoon op die vlug geslaan.

Die polisie is omstreeks 04:00 na die huis in Orionstraat ontbied.

Die familie en vriende van die Goliath’s was in rou ná die voorval.

“Dit is steeds so onwerklik. Dit voel asof my pa enige oomblik hier sal instap,” het Lizelle Seconds, hul dogter, gesê.

Volgens Seconds het haar ouers alleen gewoon nadat haar jonger broer vroeër verhuis het.

“Hoe kon hulle so wreed wees om ou mense vas te bind en te slaan. Dis heel waarskynlik dwelmverwant, want net verslaafdes sal so wreed wees om iemand vir ’n televisiestel en selfoon dood te maak.

Dis heel waarskynlik dwelmverwant, want net verslaafdes sal so wreed wees om iemand vir ’n televisiestel en selfoon dood te maak.

Kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, het gesê polisiedeskundiges was Sondag steeds op die toneel om bewyse in te samel.

Volgens Van Wyk is die egpaar met kabelbinders vasgemaak, gedreig en geslaan. Die inbrekers het die huis vir waardevolle besittings deursoek.

“Die vrou het haar bewussyn herwin nadat die aanvallers weg is. Sy het haarself bevry en het by die bure om hulp gaan aanklop.

Volgens Seconds is haar ma Saterdag uit die hospitaal ontslaan.

“Sy het talle kneusplekke en verduur baie pyn. Dit gaan egter beter.”

Sy sê die aanvallers het blykbaar ’n skroewedraaier gehad en het vermoedelik haar pa daarmee gesteek.

Van Wyk sê speurders van die ernstigemisdaadseenheid in Manenberg ondersoek die saak. Hulle sal alles moontlik doen om die misdadigers vas te trek.

Mense met inligting word versoek om die polisie in Manenberg by 021 699 9400 te bel, of die stopmisdaadnommer 08600 10111 te skakel.

Meer oor:  Manenberg  |  Aangeval  |  Beskerm  |  Geveg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.