Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Wag byt deel van inbreker se neus af

’n Man wat glo by ’n kerk in Qwaqwa wou inbreek, het ’n deel van sy neus verloor nadat ’n veiligheidswag ’n stuk daarvan afgebyt het.

Foto ter illustrasie. Foto: André Damons

Die vermeende inbreker en sy makker het met leë hande en ’n halwe neus gevlug nadat hul inbraak gefnuik is.

Ao. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê die twee mans het Saterdag omstreeks 03:00 by die kerk probeer inbreek en een van hulle het die veiligheidswag gekonfronteer.

"’n Bakleiery het ontstaan en die verdagte het die sleutels van die kerk geëis. Die wag het ’n stuk van die man se neus afgebyt. Hy het dit later op die grond opgetel. Die verdagte het die wag ook aan die vinger gebyt,” sê Mophiring.

Die beseerde verdagte het daarna gevlug.

’n Klag van poging tot inbraak word ondersoek.

Mophiring het mense gewaarsku om nie gesteelde goedere te koop nie.

Volgens hom kom hulle agter dat jong of minderjarige kinders gebruik word om by huise en sakepersele in te breek sodat die buit vir geld en dwelms verkoop kan word.

  • Enigeen met inligting word gevra om die Phuthaditjhaba-polisiekantoor te bel by 058 718 0895/6/7.
Meer oor:  Qwaqwa  |  Veiligheidswag  |  Verloor  |  Kerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.