Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
NG-hoës geskok oor plaasmoorde

Die NG Kerk in die Vrystaat het Woensdag sy stem by ’n groeiende koor van besorgdes gevoeg en sy kommer oor plaasaanvalle en -moorde, asook die geweld teen vroue en kinders, uitgespreek.

Die brief lui dat die NG Kerk Vrystaat weer sy skok en afgryse uitspreek oor dit wat op die oomblik in die land aan die gang is.

Die kerkleiers in die provinsie sê hulle bevestig weer die verklaring wat die moderamen in September 2019 uitgereik het waarin ’n versoek aan pres. Cyril Ramaphosa gerig is om dié soort misdade vas te vat.

“Ons versoek gemeentes om saam te bly bid dat die Here ons land sal genees. Ons bid steeds vir ons boere, plaasarbeiders en die landbougemeenskap.

Die Witkruismonument in die Polokwane-distrik van Limpopo waar slagoffers van plaasmoorde gedenk word. Foto: Wikipedia

“Ons bid ook vir die vroue en kinders van ons land en vir mense wat geliefdes verloor het. Ons bid vir mense wat seergekry het.

“Ons bid ook vir ons leraars wat in hierdie tyd moet leiding neem en wie se eie geestesgesondheid vir ons belangrik bly. Ons is bewus van kollegas wat baie swaarkry.”

Predikante in die provinsie word daaraan herinner dat die NG Kerk Vrystaat ’n span opgeleide beraders het om gemeenskappe, gemeentes, predikante en lidmate met berading te ondersteun.

Die brief is onderteken deur die moderamen se interimkomitee, waarvan dr. Pieter van Jaarsveld die voorsitter is.

Meer oor:  Ng Kerk  |  Plaasmoorde  |  Plaasaanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.