Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nie eens druk van noodknoppie skrik aanvaller af

Nie eens die feit dat ’n 72-jarige inwoner van Rustenburg onmiddellik die noodknoppie in haar huis gedruk het, kon voorkom dat sy skedelbreuk en ’n diep kopwond tydens ’n huisroof opdoen nie.

Shaun Wilken, wat nie sy ouma se naam wil bekend maak nie, sê sy ouma het Donderdag by die huis aangekom ná ’n uitstappie na Pretoria.

Sy het ’n ruk nadat ’n vriendin haar afgelaai het ’n man by een van die deure gesien en die deur toegeslaan. Die man wat by die deur was het weggehardloop en oor ’n heining gespring.

“Sy het dadelik die noodknoppie gedruk en my tannie het haar gebel om te hoor of alles reg is,” sê Wilken.

Sy het aan my tannie vertel wat gebeur het en ’n veiligheidsmaatskappy het onmiddellik veiligheidswagte na die huis gestuur.

Wilken sê daar was blykbaar reeds iemand in die huis en dié het sy ouma in die enkele minute wat sy vir hulp gewag het, aangeval.

“Jy kan aan die manier waarop die bloed teen die kaste gespat het sien hy was reeds in die huis en het van binne die huis gekom toe hy haar aanval,” sê Wilken.

Hy sê hy is nie seker waarmee sy ouma gekap is nie, dit is ’n baie diep V-vormige wond wat die kant van haar kop oopgekloof het.

Jy kan aan die manier waarop die bloed teen die kaste gespat het sien hy was reeds in die huis en het van binne die huis gekom toe hy haar aanval.

Die skedel is ook gekraak maar ’n skandering het gelukkig gewys dat sy nie bloeding op die brein het nie.

“My ouma is ’n klein geboude vrou.”

Hy sê sy ouma lê al van Donderdagmiddag in die provinsiale hospitaal se ongevalleafdeling omdat daar nie ’n ander bed beskikbaar is nie.

Die familie hoop sy sal Vrydag na ’n saal verskuif word.

Wilken sê ’n skootrekenaar, draagbare modem, selfoon en die huis- en motorsleutels word vermis.

Sy ouma is nie by haar bewussyn nie en kon nog nie self aan die familie vertel wat gebeur het nie.

Wilken beweer die polisie het eers teen 18:00 by die misdaadtoneel opgedaag en het ook moedswillige vrae gevra wat die familie omgekrap het.

Hy sê ’n polisielid wou te kenne gee sy ouma het so teen ’n kas geval en dat die familie moontlik die vermiste artikels uit die huis gevat het.

Kapt. Elsabé Augoustides, polisiewoordvoerder, sê ’n klag van huisroof word ondersoek.

Sy sê indien die familie ontevrede is oor die polisie se ondersoekwerk, kan hulle ’n klag by die provinsiale polisiekommissaris indien.

Meer oor:  Aanval  |  Rustenburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.