Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Nie net EFF-lede’ voor stok ná Samwu-staking
Chaos is deurentyd deur die Samwu-werknemers van die Mangaung-metro veroorsaak toe die Bloemfonteinse stadsaal ook uiteindelik afgebrand is.Foto: Mlungisi Louw

Tugstappe word nie net teen twee EFF-lede gedoen ná die staking van lede van die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu) vroeër vanjaar nie, sê Pule Molalenyane, Samwu-president.

Hy sê hulle weet in die stadium van vier werknemers van die Mangaung-metro in Bloemfontein en sewe in Botshabelo wat ook briewe gekry het om in tugverhore te verskyn.

Molalenyane is om kommentaar genader nadat twee EFF-werknemers Motlatsi Jobo, ’n meterleser, en Lungi Mini, ’n vullisverwyderaar, beweer dat hulle deur die ANC-beheerde-bestuur van die metro vir verhore uitgesonder word.

Chaos is deurentyd deur die Samwu-werknemers van die Mangaung-metro veroorsaak toe die Bloemfonteinse stadsaal ook uiteindelik afgebrand is.Foto: Mlungisi Louw

Hulle meen dis op grond van hul politieke affiliasie, terwyl ANC-werknemers beskerm word.

Molalenyane sê Samwu staan al sy lede by ongeag van die politieke party waaraan hulle behoort.

Hy sê benewens die tugverhore wat nou plaasvind, is daar ook teen 15 werknemers strafregtelike klagte by die polisie ingedien.

“Nege van hulle het reeds in howe verskyn en sal op 31 Oktober vir die vyfde keer in die hof moet verskyn. Die ander se verhore in howe moet nog plaasvind.”

Eddie Goliath, partykoukusleier van die EFF in die metro, sê hy gaan nie die saak net los nie.

Chaos is deurentyd deur groot groepe Samwu-werknemers van die Mangaung-metro veroorsaak ten tyde van die staking in Mei en Junie vanjaar toe die stadsaal ook afgebrand is. Foto: Mlungisi Louw

“Indien dit waar is dat net die twee lede van die EFF aangekla word, is dit onregverdig.

“Dit druis teen alle billike arbeidspraktyke in. Ons gaan ’n groot geraas maak, want ons weet van baie ander wat ook brande met motorbande gestig het.”

Qondile Khedama, hoofbestuurder: kommunikasie van die metro, sê behoorlike bewysstukke moet eers ingesamel word voordat iemand aangekla kan word.

Hy sal uitvind presies wie almal aangekla gaan word, waarvoor en hoe die proses vorder nadat daar na videomateriaal van die staking gekyk is.

Meer oor:  Tugstappe  |  Mangaung-Metro  |  Staking  |  Eff  |  Samwu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.