Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Niemand nog aangekeer ná polisieman se moord
Die vermoorde Ntsikelelo Mpetshwa (30). Foto: Verskaf

Die polisie in die Oos-Kaap is steeds op soek na die moordenaar van ’n metropolisiebeampte in die Nelson Mandelabaai-metro.

Ntsikelelo Mpetshwa (30) se lyk is Vrydagoggend in sy motor in Tembanistraat, Langa, in Uitenhage aangetref.

Vroeër is berig die slagoffer is toegedraai in ’n duvet op sy motor se voorste sitplek gekry. Sy keel is afgesny.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het Sondag gesê die polisie ondersoek die voorval en wou nie sê wanneer

Mpetshwa laas lewend gesien is nie.

Na verneem word, sou hy Vrydagaand vir die aandskof aanmeld, maar hy is in gewone klere in sy motor aangetref. Daar is skynbaar niks gesteel nie.

Die polisie het weer ’n beroep op die gemeenskap gedoen om met inligting oor die moord na vore te kom deur speur-ao. Marlon van Heerden by 061 949 0122, of die Kamesh-polisiekantoor by 041 988 8722 te bel.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Polisieman  |  Vermoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.