Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Niemand nog aangekeer vir polisieman se moord

Die polisie het nog geen deurbraak gemaak in hul ondersoek na die skietdood van ’n polisiekaptein in Port Elizabeth nie.

Die lyk van kapt. Mzikayise Kelemane (47) is Maandag, ’n dag nadat hy as vermis aangemeld is, in sy bakkie in ’n verlate gebied tussen bosse naby Addoweg gevind.

Hy het ’n enkele skietwond aan die agterkant van sy kop gehad.

Kelemane, wat 19 jaar diens in die polisie gehad het en ten tyde van sy dood by die misdaadintelligensie-eenheid in die stad gewerk het, is Dinsdag begrawe.

’n Groep familielede was Woensdagoggend by hul huis in Motherwell, maar wou nie met die media praat nie.

Kelemane is die derde polisielid in die Oos-Kaap wat tot dusver in Oktober vermoor is. Luidens ’n verklaring van kol. Brenda Muridili, nasionale polisiewoordvoerder, is konst. Thobani Sitolo (34) op 12 Oktober doodgeskiet waar hy en ’n vriend motordiewe op heterdaad betrap het.

Sitolo was aan die Mthatha-polisie se eenheid vir openbare orde verbonde en was ten tyde van sy dood nie aan diens nie.

Die motordiewe het blykbaar sonder om ’n woord te sê op Sitolo en sy vriend losgebrand toe hulle betrap word.

Volgens Muridili het die polisiekonstabel aan sy wonde beswyk. Sy vriend is in ’n hospitaal vir sy beserings opgeneem.

In nog ’n voorval op 1 Oktober is sers. Pathiswa Mhlola onderweg huis toe aangeval en doodgeskiet.

Sy het die dag van haar dood saam met ’n familielid van die Libode-polisiekantoor, waar sy gestasioneer was, huis toe gery toe ’n bakkie hulle van die pad afdruk en die insittendes op hulle skiet.

Mhlola is verskeie keer in die bolyf raakgeskiet en op die toneel dood verklaar. Die familielid is ongedeerd.

Lt.genl. Bonang Mgwenya, waarnemende nasionale polisiekommissaris, het die moord op die drie polisiebeamptes veroordeel.

In ’n verklaring het Mgwenya haar medelye aan die onderskeie families van die polisiebeamptes uitgespreek.

Niemand is nog vir enige van die drie moorde in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Polisie-Ondersoek  |  Soektog  |  Polisiemoord  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.