Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Niemand nog aangekeer vir Wiese se moord

Die polisie het nog geen inhegtenisneming gemaak vir die moord op Eric Wiese (80) wat Vrydagmiddag in sy huis in Higgovale, Kaapstad, aangeval is nie.

Lt.kol. Andrè Traut, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het Sondag by navraag gesê alle leidrade word opgevolg en nie verder uitgewei nie. ’n Saak van moord en huisbraak word ondersoek.

Wiese was onder meer die voormalige finansiële hoof van Naspers en het in 1998 afgetree.

Sy vrou, Sannie, het Saterdag vertel hoe sy Vrydagmiddag nadat sy inkopies gedoen het by die huis aangekom het en onraad vermoed het.

Sannie het met haar aankoms die inkopiesakkies in die kombuis neergesit en vir die woonstelhuurder gaan vra of hy iets weet. In die kombuis het sy ’n bril en horlosie gesien wat sy nie herken het nie. Daar het sy ook gesien die drankkabinet is uitgepak en hul staprugsakke lê op die vloer. “Ek het bly roep: ‘Eric! Eric!’ ”

Die huurder het die sekuriteitsmaatskappy gebel wat vinnig gereageer en die polisie gebel het. “Wat as hulle nog in die huis was?” vra sy.

Die sekuriteitsmaatskappy het haar man se lyk elders in die huis gevind. Sy het later bloed op die trappe buite die huis gesien.

“Hulle moes agter oor die draadheining gekom het. Indien iemand inkom, maak ons alarm piep-piep. Eric moes dit gehoor en gaan ondersoek instel het. Daar waar jy die bloed op die trappe sien, dink ek,” het sy vertel.

Wiese word oorleef deur sy vrou, hul kinders Andri, Kobus en Tessa van Ginkel, asook hul kleinkinders Jenna, Elise, Eric, Fiona en Riaan en sy suster Elise Rheeder.

Begrafnisreëlings sal in die komende week bekend gemaak word.

Meer oor:  Eric Wiese  |  Andrè Traut  |  Higgovale  |  Kaapstad  |  Finansiële Hoof  |  Vermoor  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.