Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Niemand nog vas 3 maande ná moord op wingerdboer

Meer as drie maande nadat Stefan Smit, ’n ryk wingerdboer van Stellenbosch, in sy huis op sy landgoed, Louiesenhof, buite Stellenbosch vermoor is, is niemand nog in hegtenis geneem nie.

’n Foto van Stefan Smit op sy gedenkdiens. Foto: Jaco Marais
Netwerk24Foto: Jaco Marais

Lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, het gesê die ondersoek duur voort en dat daar geen nuwe ontwikkelings in die saak is nie.

Drie gemaskerde mans het Smit glo op die aand van Sondag 2 Junie in sy huis doodgeskiet terwyl hy aan die etenstafel gesit het.

Netwerk24 het vroeër berig dat drie mans die Sondag tussen 18:30 en 19:00 by ’n oop deur ingekom het terwyl Smit, sy vrou, Zurenah (53), en ’n 71-jarige familievriendin aandete geëet het. Smit is drie keer met twee vuurwapens van verskillende kalibers geskiet – een keer in die kop, een keer in die bors en een keer in die gesig. Die eerste skoot was na bewering in sy kop. Die vermoede bestaan dat ’n 9 mm-pistool en ’n .38 Special-rewolwer gebruik is.

Bradley van Eyslend (47), ’n persoonlike lyfwag wat sedert Augustus 2018 vir die Smit-egpaar gewerk het, was glo elders in die huis tydens die skietery. Die twee woongedeeltes word slegs deur ’n deur geskei.

Van Eyslend, ’n oudpolisiekaptein, is die eienaar van Uvulo Holdings, ’n onderneming wat onder meer private veiligheidsdienste bied.

Hy het die Maandag ná die voorval aan Netwerk24 gesê hy het eers van die voorval bewus geword nadat een van die vroue glo aan die deur gehamer het wat die wooneenhede skei.

Zurenah Smith, Stefan Smit se weduwee, op sy gedenkdiens in Stellenbosch. Foto: Jaco Marais
Netwerk24Foto: Jaco Marais

Meer oor:  Louiesenhof  |  Stefan Smit  |  Stellenbosch  |  Moord  |  Skietery  |  Vermoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.