Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Niemand nog vas ná plaasaanval by Paarl

Niemand is nog in hegtenis geneem nadat ’n boer van die Paarl-omgewing Saterdag in ’n plaasaanval beseer is nie.

Die boer is op die Facebook-groep Paarl Pals as Paul Watson geïdentifiseer.

Twee mans het Saterdag omstreeks 02:30 by ’n vraghouer op die plaas ingebreek. Volgens die polisie het Watson gaan ondersoek instel toe die mans hom met ’n panga gekap en weggehardloop het. Watson is hospitaal toe gebring met wonde aan sy arms en kop.

Volgens inligting op Paarl Pals het die aanval sowat 150 m van die plaashuis af gebeur.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die ondersoek duur voort. Speurders volg leidrade op, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord en inbraak.

Volgens inligting op die Drakenstein-plaaswag (DFW) se Facebook-blad is Watson intussen ontslaan en gaan dit goed met hom.

In ’n boodskap waarin hy mense bedank wat in die kommentare op die Facebook-blad gepubliseer is, sê Watson hy het aanvanklik gedink daar was net een aanvaller, maar dat ander mense hom ook by die vraghouer aangeval het.

­Hy kon hulp ontbied en lede van die DFW was binne minute op die toneel. Danksy die plaaswag se groot radiobeheernetwerk is die polisie, paramedici en ander nooddienste ontbied.

Die plaaswag se mediese reaksiespan het die bloeding gestop en die boer self hospitaal toe geneem.

Watson kon nie Maandag vir kommentaar bereik word nie.

Meer oor:  Paarl  |  Plaasaanval  |  Panga  |  Beseer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.