Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ninow uit hospitaal, terug in tronk

Nicholas Ninow, die vermeende Dros-verkragter, is weer agter tralies nadat hy vroeër vandeesmaand glo weens ’n spinnekopbyt in die Kalafong-hospitaal in Atteridgeville, Pretoria, opgeneem is.

Die vermeende Dros-verkragter, Nicholas Ninow. Foto: Deaan Vivier

Sy arm was glo erg geswel en hy is deur mediese beamptes na die hospitaal verwys.

Zandile Mabunda, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste (DKD), het Woensdag gesê Ninow is terug in die Kgosi Mampuru II-gevangenis.

Die #NotInMyName-beweging waarin mans gekant teen die toenemende geweld teen vroue en kinders hul stem dik maak, het vroeër in ’n inskrywing op die groep se Facebook-blad beweer Ninow “spuit homself daagliks met ’n mengsel van dwelms in”. Dié organisasie het ook beweer die laaste keer het hy ’n oordosis dwelms ingespuit óf die verkeerde aar raakgespuit.

Die DKDhet intussen teen #NotInMyName uitgevaar en gesê die beweging het hom nooit genader om duidelikheid te kry oor die omstandighede wat daartoe aanleiding gegee het dat Ninow behandel moes word nie.

Hoewel die DKD nie kon bevestig wat tot Ninow se hospitalisering gelei het nie, het betroubare bronne aan Netwerk24 gesê hy is deur ’n spinnekop gebyt.

Ninow se verhoor begin in September in die hooggeregshof in Pretoria. Hy staan tereg op aanklag van ontvoering, verkragting, die besit of gebruik van dwelms, aanranding en regsverydeling nadat hy op 22 September 2018’n sewejarige meisie in ’n Dros-restaurant in Silverton, Pretoria, na bewering verkrag het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.