Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nog 1 vas vir moord op Valke-kaptein van Bfn

Nog een van die vermeende moordenaars van die gewilde kaptein van die Valke, kapt. Qeya Jonas Tshabalala (52) van Bloemfontein, is vasgetrek.

Ratebeko Simon Masiu (30), ’n burger van Lesotho, het vlugtig in die landdroshof in Bloemfontein op aanklagte van moord op Tshabalala en die roof van sy polisiebakkie die aand van 24 Mei verlede jaar in ’n huis in Rocklands by die stad verskyn.

Sprinkaan Maema (34) is reeds in Mei vanjaar in die hooggeregshof in Bloemfontein tot 33 jaar tronkstraf vir dié moord en roof gevonnis. Hy moet effektief 20 jaar van die vonnis uitdien.

Na verneem word is Masiu onder ’n ander naam in verband met ’n rooftog in Augustus in hegtenis geneem. Hy is in die rooftog gewond en kon aanvanklik nie in die hof verskyn nie omdat hy in ’n hospitaal was.

In die moord op Tshabalala is Masiu ook deur een van sy makkers raakgeskiet.

In die verhoor van Maema het dit na vore gekom dat hy daarna deur van sy makkers na die Nasionale Hospitaal in die stad gebring is. Daarvandaan is hy na die Pelonomi-hospitaal verwys.

Hy het nooit by die Pelonomi uitgekom nie. Hulle het blykbaar na Lesotho gevlug.

Masiu is in Lesotho vir sy skietwond in ’n hospitaal behandel. Hy het verdwyn voordat hy uitgelewer kon word. Sy ander twee makkers is nog soek.

Hy moet volgende maand weer in die landdroshof verskyn waar hy moontlik vir borgtog aansoek sal doen.

Johan de Vries het aangekla.

* Tshabalala is die aand van sy dood ses keer op ’n kort afstand raakgeskiet toe twee mans (waarvan Masiu vermoedelik een was) die huis ingekom het en hom vir die sleutel van sy bakkie gevra het. Die bakkie het buite die huis gestaan. Hy is in sy regteroog, regterlong en hart geskiet.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.