Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nog 2 aangekeer vir sendeling se moord

Die polisie in Noordwes het Maandag nóg twee verdagtes in hegtenis geneem in verband met die moord op die Belgiese sendeling Joseph Hollanders (83).

Hollanders is op 13 Januarie in ’n huis op die kerkperseel in die Bodibe-nedersetting naby Itsoseng in Noordwes vermoor.

Kol. Adéle Myburgh, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die polisie het Maandag twee mans van onderskeidelik  20 en 28 jaar oud in hegtenis geneem.

“Hulle verskyn Woensdag in die landdroshof in Itsoseng. Die polisie het ook van die vermoorde man se besittings in ’n huis in Bodibe gekry,” sê Myburgh.

Joseph Hollanders (83), die Belgiese sendeling, wat in ’n huis op die kerkperseel in die Bodibe-nedersetting naby Itsoseng vermoor is. Foto: Facebook

Sy sê volgens die beskikbare inligting is Hollanders se hande en voete vasgebind nadat hy vermoor is.

Lede van die gemeenskap het op sy sy lyk afgekom  en die polisie in kennis gestel.

Die eerste man is reeds verlede Woensdagaand in hegtenis geneem.

“Dié man is twee dae ná die moord by sy huis in Bodibe in hegtenis geneem. Die sendeling se selfoon is in sy besit gekry.”

Thaba Norman Maseko (23), het verlede Vrydag in die landdroshof verskyn op ’n aanklag van moord en bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning op 25 Januarie.

Lt.genl. Sello Kwena, provinsiale polisiekommissaris, het die ondersoekspan met die inhegtenisneming van die twee verdagtes gelukgewens.

Hy sê die inhegtenisneming stuur ’n sterk boodskap dat misdaad nie geduld sal word nie.

Meer oor:  Sendeling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.