Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nog 2 gewond by taxistaanplek in Bellville

Twee taxibestuurders is Vrydagoggend kort ná mekaar op verskillende plekke by die Bellville-taxistaanplek in Kaapstad geskiet.

Brig. Novela Potelwa, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die polisie het hul teenwoordigheid by die taxistaanplek verskerp.

Speurders ondervra nog sewe verdagtes in verband met ’n skietery Donderdagmiddag by dieselfde taxistaanplek.

“Twee ongeïdentifiseerde taxibestuurders is omstreeks 07:45 geskiet. Die polisie het sedertdien ’n verdagte in hegtenis geneem en op ’n vuurwapen beslag gelê,” sê Potelwa.

Volgens inligting is een van die slagoffers in die maag gewond en die ander in die been.

Potelwa sê die polisie monitor die situasie.

Meer oor:  Bellville  |  Skietery  |  Taxistaanplek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.