Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nog 2 Kaapse polisielede vas vir diefstal

Twee polisiebeamptes is Dinsdag vir diefstal in hegtenis geneem nadat hulle na bewering ’n geldsak wat transitorowers gesteel het, gevat het terwyl hulle die rowers se verlate voertuig op 9 September op die N2 in Kaapstad moes oppas.

Lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sê die twee sersante is aangekeer toe hulle vir diens by die blitspatrollie in Kaapstad aangemeld het.

Traut sê die twee word deur klagte van diefstal in die gesig gestaar.

“Die twee polisielede was deel van ’n groep beamptes van die blitspatrollie wat die transitorowers op die N2 probeer vastrek het. Die twee moes die rowers se voertuig bewaak nadat die geldwa op die N2 beroof is.

Die rowers het hul voertuig met die geldsakke daarin agtergelaat nadat hulle in ’n wilde skietery met die polisie betrokke was,” sê Traut.

Volgens hom het die teen-korrupsie-eenheid se ondersoek aan die lig gebring dat een van die geldsakke glo deur die twee polisiebeamptes uit die voertuig gesteel is.

As staatsgetuie sal die bestuurder nie strafregtelik aangekla word nie.

Traut sê die twee word ook verbind met ’n saak van perlemoendiefstal wat op 21 Julie in Somerset-Wes aangemeld is nadat ’n groep polisielede glo gestroopte perlemoen uit ’n taxi gesteel het.

Drie konstabels is reeds verlede week aangekeer in verband met die perlemoensaak en het reeds in die landdroshof in Somerset-Wes verskyn op aanklagte van gewapende roof, regsverydeling en ontvoering.

Die polisielede was in Julie aan diens toe hulle glo die bestuurder van ’n minibustaxi met onwettige perlemoen in sy voertuig voorgekeer het. Hy was op pad van Hermanus na Kaapstad.

Een van die polisielede het glo die taxi, met die bestuurder daarin, tot by sy eie huis bestuur en die perlemoen daar afgelaai.

“Die bestuurder is nie ver van waar hy ontvoer is nie, afgelaai en is aangesê om terug te gaan Hermanus toe. Die man het op sy voertuig, sonder die perlemoen daarin, afgekom terwyl hy in die rigting van Sir Lowry’s-pas geloop het.”

Hy het die voorval by die polisie aangemeld en ’n ondersoek is gedoen wat tot die inhegtenisneming van die polisielede gelei het.

As staatsgetuie sal die bestuurder nie strafregtelik aangekla word nie.

Al vyf polisielede wat aangekeer is, was deel van die reaksiespan vir ernstige oortredings ten tyde van die beweerde diefstal.

Meer oor:  Lt.Kol. Andrè Traut  |  Kaapstad  |  Diefstal  |  Transitorowers  |  Polisielede  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.