Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nog 2 tieners in hegtenis vir moord op Mondeor-leerling

Die polisie het douvoordag nog twee verdagtes in verband met die moord op 'n Graad 11-leerling van Mondeor High School in Johannesburg in hegtenis geneem.

Kapt. Kay Makhubele, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die polisie het vroeg Donderdagoggend twee verdagtes (albei 15) in Soweto en Naturena in hegtenis geneem nadat Kulani Mathebula (19) Woensdagoggend op pad skool toe doodgesteek is. 

'n Verdagte van 13 jaar oud is Woensdag reeds in hegtenis geneem.

Makhubele sê die polisie het drie verdagtes binne 24 uur vir die leerling se dood aangekeer nadat die leerling Woensdagoggend omstreeks 07:30 vermoor is.

Die leerling is glo deur drie verdagtes van 'n nabygeleë skool aangeval en doodgesteek.

Lt.genl. Elias Mawela, Gauteng se polisiekommissaris, het die inhegtenisnemings verwelkom.

MONDEOR
Khulani Mathebula is Woensdagoggend op pad skool toe doodgesteek. Foto: Sesona Ngqakamba, News24
African News Agency
Mondeor High School
Mondeor High School Foto: Google Maps

Meer oor:  Mondeor  |  Gauteng  |  Skool  |  Polisie  |  Leerlinge  |  Dood  |  Vermoor  |  Doodgesteek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.