Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nog 2 vas in soektog na vermiste kind

Twee nuwe verdagtes is aangekeer in verband met die verdwyning van Orderick Lucas, die seuntjie van Kleinvlei, Kuilsrivier, wat verlede week as vermis aangemeld is.

Die kind, ’n jaar en tien maande oud, het verlede maand spoorloos verdwyn en is laas op Sondag 24 Maart gesien, glo in die sorg van een van sy ma se vriende.

Orderick Lucas. Hy word sedert 24 Maart vermis.Foto: Verskaf

Sy ma, Davideen Lucas van Melton Rose, het eers verlede Donderdag haar seun by die Kleinvlei-polisiekantoor as vermis aangemeld. Sy kon nie verduidelik wat met die kind gebeur het nie.

Kapt. FC van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê ’n saak van ontvoering is geopen.

“Twee verdagtes, 33 en 40 jaar oud, is in hegtenis geneem. Hulle sal in die landdroshof in Blue Downs verskyn op aanklagte van ontvoering en regsverydeling.

“Die soektog na die kind duur voort. Talle huise is deursoek, die honde-eenheid is ingespan en daar was ook deur-tot-deur-soektogte in die gemeenskap. Daar is ook by hospitale navraag gedoen.”

Orderick het ’n wit frokkie, grys baadjie en ’n rooi broekie aangehad toe hy laas gesien is.

Intussen duur die saak voort teen twee vroue, onderskeidelik 28 en 50 jaar oud, wat verlede week in hegtenis geneem is.

Die twee sou Maandag in die landdroshof in Blue Downs verskyn het op aanklagte van kinderverwaarlosing en die agterlaat van ’n kind.

Eric Ntabazalila, Wes-Kaapse woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, het gister gesê die saak van die twee vroue is nie op die hofrol geplaas nie, “want daar is ontbrekende inligting wat ons nodig het. Ons het die dossier vir die polisie teruggegee sodat hulle kan aandag skenk daaraan.”

Enigiemand met inligting oor Orderick en waar hy is, kan sers. Beja by 082 522 1047 of 082 334 8416 bel, of die polisie se stopmisdaadnommer by 08600 10111.

Die erf waar Orderick saam met sy ouers in ’n agterplaas woon. Foto: Jaco Marais
Meer oor:  Orderick Lucas  |  Kuilsrivier  |  Kleinvlei  |  Vermiste Kind  |  Soektog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.