Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nog 2 vas ná moord op 8-jarige in VS

Nog twee mense is aangekeer ná die grusame moord op ’n agtjarige skoolmeisie van Thabong in Welkom in die Vrystaat nadat ontvoerders ’n losprys van R50 000 geëis het.

Bokamoso Shabe

Bokamoso Shabe se lyk, toegedraai in ’n duvet, is Donderdag omstreeks 14:30 in Riebeeckstad naby Welkom gevind. Sy was steeds in haar skooluniform geklee.

Volgens brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, is ’n 34-jarige vrou, wat Woensdag vir ondervraging ingebring is, en nog ’n 44-jarige vrou Donderdagaand in hegtenis geneem.

Dít volg nadat ’n 46-jarige man, wat in verband met die meisie se verdwyning ondervra is, Donderdag die polisie na die veld geneem het waar haar lyk ontdek is.

Die drie verdagtes sal na verwagting Maandag op ’n aanklag van moord in die landdroshof in Welkom verskyn.

Bokamoso is Maandag die laaste keer omstreeks 13:30 by die Mmantshebo Primary School in Jerusalem Park gesien.

’n Man wat homself Aubrey noem, het haar ouma Maandag sowat twee uur later gebel en ’n losprys van R50 000 geëis. Hy het gedreig om Bokamoso te vermoor as die geld nie aan hom betaal word nie.

Die volgende dag het ’n vrou wat haarself as Nthabeleng voorgestel het, Bokamoso se ouma omstreeks 08:45 van dieselfde telefoonnommer af gebel en ook die geld geëis.

Meer oor:  Losprys  |  Moord  |  Aangekeer  |  Meisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.