Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nog 2 vas vir moord op polisieman van Diepsloot

Nog twee verdagtes is aangekeer vir die moord op speurkaptein Oupa Matjie (54) wat op Vrydag, 17 Januarie doodgeskiet is terwyl hy en ’n kollega na verdagtes in ’n saak van poging tot moord en huisroof in Diepsloot, Johannesburg, gesoek het.

Toe hulle vyf verdagtes gewaar, het hulle gevra vir hulp van lede van die polisie se misdaadvoorkomingseenheid. Die verdagtes het gevlug toe die speurders hulle nader, en een het skote op hulle afgevuur. Matjie is noodlottig gewond.

Lede van die Diepsloot-polisiekantoor het met die hulp van die gemeenskap twee van die verdagtes op die toneel vasgetrek.

Mongameli Mpofu het in die landdroshof in Randburg op aanklagte van huisroof en poging tot moord verskyn.

Hy bly in aanhouding terwyl die saak teen hom verder ondersoek word.

Die ander verdagte is in die hospitaal onder polisiebewaking. Hy word behandel vir die beserings wat hy tydens sy inhegtenisname opgedoen het.

Nog twee verdagtes is Dinsdagoggend aangekeer in die Pine Haven-township in Krugersdorp, nadat ’n grootskaalse soektog van stapel gestuur is.

Hulle word aangekla van die moord op Matjie en vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen.

Hulle verskyn binnekort in die landdroshof in Randburg.

In ’n verklaring wat genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, Woensdag uitgereik het, loof hy die polisie en die gemeenskap wat gehelp het om die verdagtes aan te keer.

Hy het ook sy medelye met Matjie se naasbestaandes uitgespreek.

“Ek is bly om te hoor die gemeenskap van Diepsloot het saam met die polisie gewerk om twee van die verdagtes aan te keer wat na bewering deel was van die groep van vyf.”

Meer oor:  Diepsloot  |  Polisiemoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.