Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nog 2 verdagtes aangekeer vir diefstal van hekmotors

Nóg twee verdagtes sal Maandag in verband met die toenemende diefstal van elektriese hekmotors in Port Elizabeth in die hof verskyn.

Riaan Smit het reeds in verband met die toenemende diefstalsake van elektriese hekmotors in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn. Foto: Verskaf

Die polisie het die afgelope week ’n deurbraak gemaak deur hul eerste verdagte vas te trek wat moontlik met ’n vlaag van dié diefstalle verbind word.

Hul soektog volg nadat daar in die Mountweg-polisiegebied, en veral in die woonbuurte Newtonpark en Cotswold, byna 30 sulke klagte sedert Oktober aangemeld is.

Twee polisiebeamptes het deur middel van kringtelevisiebeeldmateriaal verskeie moontlike verdagtes uitgewys en hul identiteite probeer vasstel.

Die eerste verdagte, Riaan Smit (38), is in Millpark vasgetrek en het reeds Woensdag in die hof verskyn, waarna sy saak tot Maandag uitgestel is.

Intussen het die polisie inligting van ’n private veiligheidsmaatskappy ontvang oor die ligging van nóg twee verdagtes wat gesoek word.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê die polisie het die inligting opgevolg en ’n 31-jarige vrou en ’n 35-jarige man Donderdag, onderskeidelik in Kaapweg en in Ringweg, aangekeer.

Die twee verdagtes word met twee voorvalle verbind waar elektriese hekmotors in Kanariestraat en Vyfdelaan gesteel is, maar verdere ondersoekwerk word gedoen om vas te stel of hulle met nóg soortgelyke sake verbind kan word.

Hulle sal Maandag op aanklagte van diefstal in die hof verskyn.

Meer oor:  Pe  |  Diefstal. Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.