Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nog 2 vroue se lyke in Mthwalume gevind

Die DA in KwaZulu-Natal het weer ’n beroep op Bheki Cele, minister van polisie, gedoen om in te gryp in die ondersoek na die bedrywighede van ’n moontlike reeksmoordenaar nadat die lyke van nog twee vroue Dinsdag en Woensdag in die Mthwalume-omgewing gevind is.

“Die DA het ’n maand gelede die minister gevra om aandag te gee aan die ondersoek nadat vier vroue in die omgewing op wreedaardige wyse verkrag en vermoor is. Daar het van dié versoek net mooi dadels gekom,” het ’n gefrustreerde Leonard Ngcobo, DA-raadslid in die Ugu-distriksmunisipaliteit, Woensdag aan Netwerk24 gesê.

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, het die ontdekking van nog ’n lyk by navraag bevestig.

“Ek kan bevestig dat die polisie vandag om 12:11 op die ontbinde lyk van nog ’n vrou in Mthwalume afgekom het,” sê hy.

“Die lyk is 500 m gevind vanwaar die lyk van ’n ander vrou Dinsdag aangetref is. Die omstandighede rakende die twee voorvalle word ondersoek. ’n Geregtelike doodsondersoek is intussen geopen.”

Die polisie wou nie bevestig of ontken dat ’n reeksmoordenaar vroue in die omgewing met ’n mes aanval, verkrag en vermoor nie.

“Drie moorddossiere is tot dusver geopen. Ondersoekwerk is op feite gegrond en nie op spekulasie nie. Die nadoodse ondersoeke sal meer duidelikheid oor die oorsaak van die twee vroue se dood gee,” sê Mbele.

Volgens Ngcobo sleep polisieondersoekers voete om die moordenaar in Mthwalume aan te keer.

“Die lyke van Nelisiwe Dube, die twee susters Nosipho en Akhona Gumede en Baja Duma is in dieselfde omgewing in die suikerplantasies deur die gemeenskap gevind. Die eerste een was in Desember verlede jaar,” sê hy.

“Die lyk wat Dinsdag gevind is, is dié van Zama Chiliza, wat twee weke gelede as vermis aangemeld is. Die vrou wat Woensdag gevind is, moet nog deur haar naasbestaandes uitgeken word.”

Ngcobo sê vroue in die gemeenskap lewe in vrees omdat niemand nog in hegtenis geneem is nie.

“Die minister hanteer dié voorvalle nie met die nodige dringendheid wat dit verdien nie.”

Meer oor:  Reeksmoordenaar  |  Mthwalume
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.