Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nog 3 vas weens gewapende roof in Port Nolloth

Drie vermeende rowers verskyn Woensdag in die landdroshof in Springbok in die Noord-Kaap nadat hulle in hegtenis geneem is in verband met ’n gewapende roof Maandagoggend in Port Nolloth.

Die mans, onderskeidelik 21, 22 en 49 jaar oud, sal op ’n aanklag van gewapende roof in die hof verskyn. Hulle is Maandag in hegtenis geneem in verband met ’n voorval vroeër die oggend by ’n winkel op die dorp.

Brig. Mohale Ramatseba, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die mans se makker is steeds onder polisiebewaking in ’n hospitaal in Bloemfontein nadat hy deur ’n polisieman geskiet is toe hy glo die beampte met ’n mes probeer steek het.

Die 30-jarige man, wat in die skouer geskiet en in hegtenis geneem is, sal saam met sy makkers in die hof verskyn sodra hy uit die hospitaal ontslaan word.

Dit kom nadat twee mans Maandag omstreeks 06:00 ’n winkel bestorm het kort nadat die winkel oopgemaak het.

Vroeër is berig die mans het geld geëis en het een van die werkers gedwing om die kluis oop te maak. Dit het egter ’n tydjie geneem en die polisie het intussen opgedaag.

“Met die polisie se aankoms het een van die verdagtes ’n beampte met ’n mes probeer steek, maar hy is in die skouer geskiet.

“Die man het steeds probeer wegkom, maar is in hegtenis geneem,” het Ramatseba vroeër gesê.

Die man se makkers het met leë hande gevlug.

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat is besig met sy eie ondersoek na die skietvoorval.

Lt.genl. Risimati Peter Shivuri, provinsiale polisiewoordvoerder van die Noord-Kaap, het die beamptes geloof vir hul vinnige aankeer van die vermeende rowers.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.