Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nóg 4 vas met vigs-medisyne

Die polisie in Welkom het Donderdagaand ’n apteker-assistent van die Vrystaatse gesondheidsdepartement en nog drie mense met antiretrovirale medisyne in hul besit in hegtenis geneem.

Kapt. Teboho Hlalele by die medisyne waarop die polisie beslag gelê het.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die polisie het inligting opgevolg en ’n verdagte wit Toyota RunX in Thabong opgemerk. Die bestuurder is beveel om stil te hou en vier mense, onder wie die vroulike bestuurder en drie mans, is in hegtenis geneem nadat daar op twee houers met talle bottels medisyne afgekom is.

Die polisie het ook op die voertuig beslag gelê.

Een van die vier is ’n werknemer van die departement van gesondheid en werk by ’n kliniek in Kroonstad.

Die medisyne is vermoedelik hier gesteel en na Thabong gebring waar dit as ’n dwelmmiddel verkoop sou word.

Die provinsiale gesondheidsdepartement het die polisie bedank vir die goeie ondersoekwerk wat tot die inhegtenisnemings gelei het.

Montseng Tsiu, Vrystaatse LUR vir gesondheid, sê dié nuwe misdaadgolf wat die departement getref het, is jammer omdat dit mense van hul basiese reg tot medisyne ontneem.

Mondli Mvambi, provinsiale gesondheidswoordvoerder, sê die diefstalle het nog nie die verskaffing van medisyne aan inwoners beïnvloed nie.

Dit is die derde geval vandeesmaand waar die polisie mense met antiretrovirale medisyne betrap. Op 9 Januarie is twee mense in Bloemfontein in hegtenis geneem.

Op 10 Januarie het Welkom se taktiesereaksiespan drie mense buite Ventersburg met 265 bottels antiretrovirale medisyne gevang.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.