Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nog 4 vas oor beweerde bedrogspul met petrolkaarte

Nog vier mense is in Groblersdal in Limpopo in hegtenis geneem omdat hulle na bewering saam met vyf polisielede bedrog met die polisie se petrolkaarte gepleeg het.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke in Limpopo, sê twee petroljoggies en twee kassiere wat by ’n vulstasie in Groblersdal werk, is Dinsdag in hegtenis geneem.

Dit kom nadat die Valke Maandag vyf polisielede van die Groblersdal-polisiekantoor in hegtenis geneem het.

Maluleke sê die beweerde bedrog en diefstal beloop meer as R100 000.

Die twee sersante en drie konstabels is tussen 29 en 41 jaar oud.

Volgens Maluleke word nóg ’n polisielid gesoek wat glo ook by die slenter betrokke was.

Die Valke neem die vier mense Dinsdag in Groblersdal in hegtenis. Foto: VALKE

Die vyf polisielede is in hegtenis geneem nadat die eienaar van die vulstasie in Februarie verlede jaar ’n klag by die polisie ingedien het.

Die ondersoek is na die Valke oorgeplaas.

Die eienaar van die vulstasie beweer dat die polisielede bedrog en diefstal van sowat R100 000 met die polisievoertuie se petrolkaarte gepleeg het.

Maluleke sê die polisielede het na bewering met die twee petroljoggies en twee kassiere gekonkel om op die petrolkaarte brandstof vir hul eie motors te koop.

Volgens hom het die petroljoggies en die kassiere ook glo toegeslaan wanneer motoriste kontant vir brandstof betaal het. Die polisie se petrolkaarte is dan glo gebruik vir die betalings en die kontant is na bewering tussen die betrokkenes verdeel.

Hy sê die Valke ondersoek die moontlikheid dat soortgelyke slenters ook elders in Limpopo voorkom.

Meer oor:  Limpopo  |  Groblersdal  |  Bedrog  |  Brandstof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.