Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nog 4 vas oor rooftogte op Mabopane-hoofweg

Nog vier verdagtes, waaronder ’n 19-jarige, is in hegtenis geneem ná die vlaag rooftogte naby die Theo Martin-poort in die Magaliesberge op die R80 Mabopane-hoofweg.

Vyf verdagtes is verlede week vasgetrek en het reeds in die landdroshof in Pretoria-Noord verskyn.

Brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, sê nog slagoffers het vandeesweek na vore gekom. Hieronder tel slagoffers met geregistreerde sake en ander sonder sake, wat later deur die polisie geregistreer is vir verdere ondersoek, luidens ’n verklaring wat Peters Sondag uitgereik het.

Peters sê die samewerking tussen die polisie en slagoffers het gelei tot die inhegtenisneming van die ander vier verdagtes, waarvan drie verbind word met ’n moord wat in September by die Akasia-polisiekantoor aangemeld is.

Daar is dus nou reeds nege verdagtes in verband met die vlaag rooftogte vasgetrek.

Die 19-jarige word verbind met twee sake van gewapende roof, waarvan een in Mei vanjaar by Pretoria-Noord-polisiekantoor aangemeld is en die ander drie maande later by die Hercules-polisiekantoor.

Die vier verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

“Die ondersoek duur voort aangesien nie polisie meen dat daar nog verdagtes kan wees. Die polisie hoop ook dat nog slagoffers na vore sal kom,” sê Peters.

Sy sê die polisie waardeer die nuttige inligting wat lede van die publiek aan hulle gegee het.

Meer oor:  Misdaad  |  Rooftogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.