Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nog 500 wetstoepassers in Kaapstad ontplooi
Albert Fritz, LUR vir gemeenskapsveiligheid.Foto: Peter Abrahams/SON

Albert Fritz, LUR vir gemeenskapsveiligheid, het Maandag 500 nuwe wetstoepassingsbeamptes verwelkom wat as deel van die Wes-Kaap se veiligheidsplan ontplooi is en die polisie tydens die staat van inperking sal bystaan.

Dié wetstoepassers sal gedurende die inperkingstydperk onder meer skofte van 12 uur by die skuiling vir hawelose mense in Strandfontein werk.

Hulle sal ook saam met die polisie werk om die regulasies van die staat van inperking af te dwing en om misdaad te bekamp.

Fritz sê die beamptes sal in Khayelitsha, Lentegeur, Nyanga, Bishop Lavis, Milnerton, Bellville, Wynberg, Delft en die Kaapstad-Sentraal-polisiegebied ontplooi word.

“Ons het tot dusver gedurende die inperking ’n aansienlike afname in misdaad waargeneem, veral wat moord betref. In die 14de week van 2020 is 31 moorde aangemeld. Hoewel dit steeds te veel is, is dit heelwat minder as in dieselfde tydperk verlede jaar toe 105 moorde aangemeld is.”

Daarby het Fritz ook versoek dat die Wes-Kaap se drankraad sekermaak dat drankverkopers wat die regulasies van die inperking oortree ’n maksimum boete van tot R100 000 opgelê word en hul lisensie onmiddellik opgeskort word, hangende ’n ondersoek.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid in Kaapstad, sê ook in die verklaring dat hoewel daar ’n afname in misdaad is, is daar geen tekort aan werk vir die wetstoepassers om ’n veiliger stad vir almal te skep nie.

Meer oor:  Kaapstad  |  Strandfontein  |  Haweloses
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.