Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nóg bedrog met Covid-19-geld ondersoek

Die Nkomazi-munisipaliteit in Mpumalanga word ondersoek vir bedrog van R27 miljoen met Covid-19-geld.

Luidens ’n verklaring het die Valke Donderdag by die munisipaliteit op dokumente beslag gelê ná bewerings van ongerymdhede met die aanstelling van diensverskaffers en kontrakteurs.

Die maatskappy het glo nie aan die vereistes van die tenderproses voldoen nie, luidens die verklaring. Die tenders waarvoor hulle aangestel is, word op R27 miljoen geraam.

Die Valke sê geen inhegtenisnemings is nog gemaak nie en meer inligting sal volg.

Cyril Rapinga, die munisipaliteit se woordvoerder, het aanvanklik gelag toe Netwerk24 hom hieroor uitvra en later gebieg hy het gedink iemand trek sy been.

Hy sê hy sal nie in dié stadium kommentaar lewer nie, “en die Valke die ruimte gee om hul ondersoek te voltooi”.

Meer oor:  Cyril Rapinga  |  Mpumalanga  |  Bedrog  |  Covid-19  |  Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.