Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nog een vas wat krag glo onwettig verkoop

Die Valke se eenheid vir georganiseerde misdaad in Mpumalanga het Donderdag ’n vrou in hegtenis geneem wat glo Eskom-koopbewyse vir voorafbetaalde elektrisiteit onwettig verkoop het.

Luidens ’n verklaring word beweer dat Phumzile Constance Masimula (42), ’n onderwyser, deel was van die sindikaat wat in Middelburg en omstreke betrokke was by die onwettige verkoop van elektrisiteit aan hul plaaslike gemeenskap.

Phumzile Constance Masimula (42)

Die intensiewe ondersoek het reeds in 2019 onder die vaandel van Operasie Mahala die sindikaat begin infiltreer nadat ’n fluitjieblaser inligting gedeel het.

“Die ondersoekbeamptes het vasgestel dat die groep teen ’n baie lae prys koopbewyse vir voorafbetaalde elektrisiteit met behulp van ongemagtigde verkoopmasjiene uitreik. Dit was ’n geheime ondersoek en die span het transaksies met die niksvermoedende teikens gemonitor en sodoende ’n waterdigte saak teen hulle opgebou,” sê kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, Valke-woordvoerder, in die verklaring.

Drie ander sindikaatlede, Anna Nelisiwe Mahlangu (35), Jan Mandla Mnguni (47) en Zodwa Hilda Msiza (39), is in Oktober 2020 in hegtenis geneem vir soortgelyke aanklagte. Hul inhegtenisneming is uitgevoer deur ’n multidissiplinêre taakspan.

Van die artikels waarop beslag gelê is tydens die inhegtenisnemings, sluit in dagboeke met die lyste van kliënte, meternommers van kliënte wat blykbaar bereid was om by die verdagtes te koop in plaas van wettige verkoopplekke, asook allerlei elektroniese toerusting.

Ná hul hofverskyning is hulle op borgtog van R3 500 elk vrygelaat.

Die saak teen Masimula is tot 25 Junie uitgestel sodat sy saam met haar medebeskuldigdes verhoor kan word. Sy is dieselfde dag van haar inhegtenisneming deur die landdroshof in Siyabuswa op borgtog vrygelaat.

Lt.genl. Godfrey Lebeya, nasionale hoof van die Valke, verwelkom die inhegtenisneming van die vierde lid van die sindikaat en doen ’n beroep op mense om nie elektrisiteit by misdadigers te koop nie. Lebeya sê sulke gedrag skep ’n klimaat van wetteloosheid in die land en het ’n baie negatiewe uitwerking op Eskom se vermoë om krag te verskaf.

Meer oor:  Mpumalanga  |  Valke  |  Onwettig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.