Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nog geen arrestasies ná advokaat se moord
Die toneel waar adv. Vernon Jantjies doodgeskiet is.Foto: Verskaf

Die polisie in Kaapstad soek nog na die moordenaars wat Sondagaand ’n bekende advokaat en voormalige landdros in Mitchells Plain doodgeskiet het.

Adv. Vernon Jantjies (54) was by ’n vulstasie in Lentegeur waar daar wild op hom losgebrand is.

Jantjies is omstreeks 21:30 geskiet toe hy by die vulstasie se winkel uitstap. Hy is op die toneel dood.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die motief vir die moord word steeds ondersoek.

“Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het Potelwa gesê.

Intussen het prof. Tyrone Pretorius, vise-kanselier van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), hulde gebring aan Jantjies as ’n sokkerlegende en noemenswaardige alumnus.

“Die universiteit treur oor die heengaan van ’n bekende alumnus wat vandeesweek vermoor is. Adv. Vernon Jantjies, liefdevol bekend as Vakes onder diegene wat hom geken het, was ’n gewaardeerde alumnus van die UWK se fakulteit regsgeleerdheid en word beskou as een van die legendes van UWK-sokker.”

Adv. Vernon JantjiesFoto: Verskaf

Pretorius sê hy was destyds een van Jantjies se spanmaats toe hy nog ’n student was.

“Ons het saam gewerk aan ’n projek genaamd UWK-Sokker-legendes, waarvan Jantjies ’n medestigter was en wat volgende jaar van stapel gestuur sal word.

“Dit is ’n projek om alumni wat ’n bydrae tot sokker aan die universiteit gemaak het, te erken en te vereer.”

Pretorius sê Jantjies was toegewyd en lojaal aan die UWK.

Jantjies is nie die eerste advokaat wat in die Kaap doodgeskiet is nie. In Oktober verlede jaar is die prominente Kaapstadse advokaat Pete Mihalik doodgeskiet toe hy sy kinders by die skool afgelaai het.

Noorudien Hassan is in 2016 ook verskeie kere geskiet waar hy buite sy huis in Lansdowne in sy motor gesit het.

Al drie advokate was betrokke by hoëprofielbende- en dwelmsake in Kaapse howe.

Begrafnisreëlings vir Jantjies sal na verwagting teen Donderdag bekend gemaak word.

Meer oor:  Sluipmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.