Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nog geen teken van sakeman ná ‘ontvoering’
Shyam Premjee word sedert Vrydag vermis. Foto: Verskaf

Die polisie in Limpopo krap kop oor die raaiselagtige omstandighede rondom die verdwyning van ’n bekende sakeman van Louis Trichardt.

Shyam Premjee (36) is Vrydag na bewering omstreeks 08:00 deur ’n groep mans in ’n motor ingedwing. Hy het pas sy huis verlaat toe hy by ’n stopstraat in sy Mercedes-Benz deur twee ander voertuie, vasgekeer is.

Skote is glo afgevuur en die mans het met Premjee in een van hul voertuie in ’n noordelike rigting op die N1 na die Nzhelele-pad gery. Sedertdien was daar nog geen tyding van waar Premjee is nie.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê die Premjee-familie het nie enige oproepe oor ’n moontlike losprys vir Premjee ontvang nie.

“Niemand het nog met die familie kontak gemaak nie. Die polisie kon ook nie op enige patroondoppies afkom in die omgewing waar hy na bewering oorrompel is nie,” het Mojapelo Sondag aan Netwerk24 gesê.

Premjee se voertuig is later verlate op die Meulbos-grondpad naby Forestryweg opgespoor. Premjee is die uitvoerende bestuurder van ’n familieonderneming in Louis Trichardt.

Enigeen met inligting kan kol. Nyelisani Mabatha by 082 565 8171 bel.

Meer oor:  Ontvoering  |  Shyam Premjee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.