Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nog mense Donderdag vas oor Covid-19-geld

Daar kan Donderdag nog inhegtenisnemings wees in verband met die wanbesteding van Covid-19-geld, sê lt.genl. Godfrey Lebeya, hoof van die Valke.

Hy het dié aankondiging gedoen toe hy saam met die nasionale vervolgingsgesag en die spesiale ondersoekeenheid (SOE) op ’n virtuele vergadering die staande komitee oor openbare rekeninge toegespreek het.

Volgens Lebeya word 174 sake in verband met die wanbesteding van Covid-19-geld ondersoek en ses hofsake het reeds begin.

Adv. Andy Mothibi, hoof van die SOE, sê tussen April en Augustus is R15,6 miljard se Covid-19-geld bestee.

Die SEO ondersoek tans die besteding van R10,5 miljard van die totale bedrag.

Op nasionale vlak is die meeste geld aan maatskaplike toelaes bestee. Op provinsiale vlak is geld hoofsaaklik aan gesondheid afgestaan en op munisipale vlak aan gemeenskapsveiligheid en maatskaplike dienste.

Meer oor:  Nvg  |  Valke  |  Wanbestuur  |  Inhegtenisname  |  Bedrog  |  Arrestasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.