Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nog ’n bejaarde (73) in PE aangeval en beroof

Nog ’n bejaarde is in Port Elizabeth aangeval en beroof.

Die slagoffer is vasgebind terwyl die aanvallers hom herhaaldelik gevra het waar die kluis is.

Die 73-jarige man is Maandag omstreeks 23:00 buite sy huis in Theescombe, aan die buitewyke van stad, deur vyf mans oorrompel.

Dit kom nadat drie mans Saterdagoggend die 90-jarige Diane Rottler se ringe tydens ’n huisroof in die Charlo-woonbuurt van haar vingers probeer afbyt het.

Sy en haar seun Michael Thysse (64) is met elektriese kabels vasgebind voordat die mans met geld, klere, ’n televisie, twee selfone en ’n kluis met ’n .38-rewolwer gevlug het.

In die voorval Maandag het die man, wie se naam nie bekend gemaak is nie, sy hond buitentoe geneem toe die mans op hom toesak.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê die mans was blykbaar met ’n vuurwapen, messe en ’n breekyster gewapen.

Die slagoffer is vasgebind terwyl die aanvallers hom herhaaldelik gevra het waar die kluis is. Die slagoffer besit egter nie ’n kluis nie, en die rowers het met ’n televisie, drank, kameras, ’n radio en horlosies gevlug.

Kort daarna het die man homself losgewikkel en die polisie gekontak.

Janse van Rensburg sê geen skote is gedurende die huisroof afgevuur nie en niemand is beseer nie.

Die polisie het teen Dinsdagmiddag nog geen deurbraak in hul ondersoek gemaak nie.

Meer oor:  Diane Rottler  |  Port Elizabeth  |  73-Jarige Man  |  Aangeval  |  Beroof  |  Bejaarde  |  90-Jarige
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.