Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nog ’n bejaarde in huis in Plet aangeval

’n Bejaarde man is gehospitaliseer nadat hy in sy huis in Keurboomshoogte, Plettenbergbaai, oorval en vasgebind is. Die aanvallers het met sy Mercedes-Benz-motor gevlug, maar hulle is later aangekeer.

Penny Cumming Foto: Facebook

Volgens inligting van die Plettenbergbaai-misdaadvoorkomingsvereniging (PBCPA) is die bejaarde man Dinsdag in die vroeë oggendure in sy huis oorval. Hy is vasgebind en die verdagtes is vort met sy motor.

Die beseerde man het daarin geslaag om ’n sekuriteitsmaatskappy te ontbied en die sekuriteitsbeamptes, die polisie en die Medlife-nooddiens was gou op die toneel. Die man is na ’n hospitaal geneem.

’n Beskrywing van die motor en die nommerplaat is op die PBCPA-reaksiegroep geplaas, en ’n kort rukkie daarna het ’n sekuriteitsbeampte die motor opgemerk en hulp ontbied.

Lede van die PBCPA is na die woonbuurt Kwanokuthula. Daar het ’n jaagtog ontstaan waarna die verdagtes uit die motor gespring en tussen huise ingevlug het. Die polisie, verskeie PBCPA-lede, waaronder ’n snuffelhond, Blackie, en ander wetstoepassingsbeamptes het al die in- en uitgange van die woonbuurt bewaak terwyl die buurt deurgesoek is. Volgens die polisie is vier verdagtes uiteindelik aangekeer.

* Die voorval volg enkele dae ná die moord op die 63-jarige Penny Cumming op die Schoongezicht-landgoed in Plettenbergbaai. Cumming se naakte lyk is op 29 Januarie op die vloer van haar huis op dié landgoed in Piesangvallei gevind. Haar motor, ’n Volvo-sedan, is later aan die brand in Nekkies, Knysna, gevind.

’n Man in die 20, wat ná die moord op Cumming in Kwanokuthula aangekeer is, het verlede Donderdag op aanklagte van moord en verkragting in die landdroshof in Plettenbergbaai verskyn.

Die saak is tot 21 Februarie vir ’n borgtogaansoek uitgestel. Die man bly in aanhouding.

Sy naam kan nie bekend gemaak word alvorens hy nie gepleit het nie.

Meer oor:  Bejaarde  |  Plettenbergbaai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.