Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nóg ’n geldwa beroof

Op dieselfde dag dat gewapende rowers twee transitovoertuie van die sekuriteitsmaatskappy G4S aan die Oos-Rand met plofstof oopgeblaas het, het rowers in ’n ander voorval nog ’n geldwa van dié maatskappy in Mpumalanga beroof.

Luidens ’n verklaring van G4S het rowers ook ploftoestelle gebruik om Donderdagmiddag toegang tot die geldwa naby ThulaMahashe, noord van Mbombela (Nelspruit), te verkry.

Geldnote lê oor die pad gestrooi nadat twee geldwaens in Benoni opgeblaas is.

“Gelukkig het ons sekuriteitswagte net ligte beserings in dié voorval opgedoen,” lui die verklaring.

Die rowers het met ’n onbekende bedrag geld gevlug.

Sers. Gerald Sedibe, polisiewoordvoerder, het by navraag geen kennis van die voorval gedra nie.

Twee van G4S se sekuriteitswagte is vroeër die dag in ’n rooftog in Boksburg aan die Oos-Rand gewond. Hulle is in ’n bestendige toestand in die hospitaal.

Meer as tien rowers het om 09:30 by ’n verkeerslig by die kruising van Atlas- en Noordrandweg uit drie voertuie gespring en op motoriste losgebrand.

’n Ooggetuie, Gaileen Naidoo, het vertel hoe die twee G4S-voertuie kort ná mekaar met plofstof oopgeblaas is.

Die rowers ’n onbekende bedrag geld geroof en toe weggejaag.

’n Lid van die Eloff-buurtwag het hulle agternagesit en die polisie ontbied. Vyf van die vermeende rowers is by die George Gogh-hostel in Denver naby Johannesburg vasgetrek. Heelwat van die gesteelde kontant is glo teruggekry.

Luidens ’n verklaring van die portefeuljekomitee oor polisie in die parlement, sal dié komitee Woensdag ’n spesiale sitting hou oor die onlangse toename in transitorooftogte in die land.

“Die transitomaatskappye moet ook hard saam met die polisie werk om met strategieë vorendag te kom om die kwessie na behore te hanteer,” lui die verklaring.

Meer oor:  G4s  |  Mpumalanga  |  Geldwa  |  Transito
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.