Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
100de ontruim in 2de bomdreigement

Honderde mense is kort voor die middagete uit 'n tweede gebou in die Durbanse middestad ontruim weens 'n bomdreigement.

Dit kom nadat die Cornubia-winkelsentrum 'n paar uur tevore ook ontruim moes word weens 'n bomdreigement.

Die tweede dreigement was by die Commercial City-gebou in die Durbanse middestad wat verskeie regeringsdepartemente huisves, insluitende dié van die departement van kuns en kultuur, landbou, landelike ontwikkeling, gesondheid en binnelandse sake. Daar is ook 'n kantoor van die ANC en die openbare beskermer.

Die bomdreigement vroeër Donderdagoggend by die Cornubia-winkelsentrum in Mount Edgecombe sowel as dié een in Commercial City blyk vals dreigemente te wees, het brig. Hangwani Mulaudzi van die Valke aan Netwerk24 bevestig.

Mulaudzi sê die dreigement het aangedui dat die bom in 'n badkamer is, maar dat die bomeenheid die gebou deursoek het en sê dit blyk 'n vals dreigement te wees.

Honderde kliënte en werknemers van die Cornubia-sentrum is ure tevore ook ontruim toe die polisie glo ’n wenk gekry het dat daar 'n bom in die Woolworths-winkel is.

Die winkelsentrum is later heropen nadat die polisie se plofstofdeskundiges bevestig het die sentrum is veilig.

Die afgelope weke is ses ploftoestelle in en om Durban gevind. Die polisie het Maandag in Wentworth 'n ploftoestel wat daar gevind is, onskadelik gestel. 

Meer oor:  Durban  |  Bomdreigemente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.