Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nóg ’n Kaapse gastehuis loop deur onder aanvallers

’n Man is Saterdagaand by die De Zeven-gastehuis in Banhoek, Stellenbosch, geskiet toe nog ’n deftige gastebestemming in die Kaapse Wynland onder ’n groep gewapende aanvallers deurgeloop het.

Dit was skaars 24 uur nadat drie vroue en ’n man by die Amberg-gasteplaas in die Paarl oorval is.

gasteplaas-aanvalle

Die voorval in Banhoek het Saterdag omstreeks 21:55 gebeur, volgens die polisie.

Uys Meyer, eienaar van die De Zeven-gastehuis, sê vyf gewapende aanvallers het die aand by die oop sitkamer-deel ingestap. Hulle het toe ’n paartjie gekonfronteer wat by die kaggel gesit het.

“Behalwe vir ons bestuurspan was die twee ons enigste gaste by die lodge. Ná ’n onderonsie tussen die gaste en die indringers het hulle die man geskiet en gevlug sonder om enigiets te vat. Ons bestuurspan het gereageer op die skreeuery en die paniekknoppie gedruk, waarna die sekerheidsmaatskappy binne minute daar was.

“Ons bestuurder het die gas hospitaal toe geneem. Hy is sedertdien uit die hospitaal ontslaan.”

Volgens Meyer het die aanvallers ’n vreemde taal gepraat.

“Vermoedelik dieselfde groep het ook vroeër die aand by ’n buurman se eiendom ingebreek en ’n televisiestel gesteel, wat later op die eiendom ontdek is,” sê hy.

Hy sê hy weet van die voorval op die gasteplaas buite die Paarl.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê nog geen verband kon tussen die twee aanvalle (in die Paarl en Stellenbosch) getref word nie.

Volgens hom ondersoek die polisie in Groot-Drakenstein ’n saak van huisroof en poging tot moord ná die voorval Saterdagaand by ’n gaste-lodge naby Groot-Drakenstein.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.

Dit is onbekend hoe die aanvallers by De Zeven ingekom of uitgegaan het.

Mense met inligting oor die voorval kan die polisie by 079 894 1721 of die tolvrye misdaadnommer 08600 10111 skakel.

• Drie vroue en ’n man is Vrydag omstreeks 21:00 by die Amberg-gasteplaas naby die Dutoitskloofpas deur vier mans oorval toe hulle gebraai het. Die aanvallers het klapmusse gedra en was gewapen met ’n rewolwer, messe en selfs ’n koevoet. Hulle het ook met ’n vreemde aksent gepraat en die slagoffers vasgebind. Die aanvallers het onder meer selfone, juweliersware, geld en selfs die vier se skoene en klere gesteel.

Meer oor:  Paarl  |  Stellenbosch  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.