Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nog ’n leerling in Vrystaat deur medeleerling gesteek

Die Vrystaatse onderwysdepartement is bekommerd nadat nog ’n leerling by ’n skool in dié provinsie glo deur ’n ander leerling gesteek is.

Reatlehile Leeto (12), ’n gr. 6-leerling aan die Monamodi Primary School in Brandfort, is Maandag na bewering deur ’n 13-jarige medeleerling met ’n skêr gesteek toe hy in pouse in ’n ry vir kos gewag het.

Dit is die tweede voorval in sy soort in minder as ’n week in die Vrystaat.

Leeto is in ’n stabiele toestand in ’n hospitaal in Bloemfontein.

Lerato Nkhalitshane (16) van die Reikaeletse Secondary School in Koffiefontein is verlede Woensdagoggend in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein dood nadat hy die vorige dag verskeie kere deur ’n medeleerling met ’n skerp voorwerp gesteek is.

Hy is glo drie keer in die nek gesteek ná ’n stryery met ’n 16-jarige medeleerling oor ’n meisie. Die beskuldigde, wat steeds in aanhouding is, verskyn weer Woensdag in die hof op ’n aanklag van moord.

Dr. Tate Makgoe, LUR vir onderwys in die Vrystaat, het sy skok uitgespreek en ’n beroep gedoen op belanghebbendes insluitende ouers, onderwysers en godsdienstige organisasies, om hande te vat en die geweld in skole in die provinsie te beveg.

“Dit is ’n vingerwysing na die samelewing wanneer minderjariges hulle na wreedheid wend om kleinlike geskille op te los.”

Hy het Leeto ’n spoedige herstel toegewens.

Volgens Makgoe sal elke leerling wat die voorval sien gebeur het, berading ontvang.

Brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die 13-jarige leerling verskyn Dinsdag in die hof op ’n aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Hy is onder die toesig van sy ouers vrygelaat.

Meer oor:  Monamodi Primary School  |  Reatlehile Leeto  |  Brandfort  |  Leerling  |  Messteek  |  Misdaad  |  Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.