Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nóg ’n leerling steek glo maat dood

’n 15-jarige meisie van KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem nadat sy na bewering ’n medeleerling met ’n voorwerp gesteek het.

Die voorval het Dinsdag omstreeks 10:00 plaasgevind by ’n hoërskool in Isipingo, suid van Durban, sê brig. Jay Naicker, ’n polisiewoordvoerder.

Volgens Naicker was die meisies in ’n stryery betrokke.

Die slagoffer (ook 15) is na ’n hospitaal gebring.

’n Aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer word deur die Isipingo-polisiekantoor ondersoek.

Dit is die derde skool wat die afgelope paar dae ’n voorval aanmeld waar ’n leerling deur ’n ander leerling gesteek word.

Khuselo Ndanda (16) is Maandag gedurende pouse by die Hillcrest Secondary School in Mosselbaai na bewering deur drie van sy klasmaats doodgesteek.

Die polisie sê hy het verskeie meswonde aan sy bolyf opgedoen.

Drie verdagtes is in hegtenis geneem.

In Gauteng is ’n 14-jarige by die Thuto-Tiro Comprehensive School in Sebokeng doodgesteek deur ’n medeleerling.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse onderwysdepartement, sê ’n skêr is in dié voorval gebruik. ’n 15-jarige in hegtenis geneem op aanklag van moord.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.