Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nog ’n man in PE doodgeskiet

’n Man is die jongste slagoffer van vermoedelik ’n teikenmoord in Port Elizabeth.

Die halfnaakte lyk van Mninawe Khala (32) is Sondag omstreeks 07:00 in Ndongeni-straat in KwaZakhele gevind.

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, sê die voorlopige ondersoek dui daarop dat die man nie beroof is nie en dat hy moontlik die slagoffer van ’n teikenmoord kan wees.

Khala is met ’n enkele skietwond in sy kop onder ’n kombers aangetref.

Beetge sê die polisie vermoed ’n verbyganger het die oorledene met ’n kombers toegegooi, maar tot dusver het nog geen ooggetuies vorendag gekom nie.

Die lyk van Nkwenkwezi Plaatjies (59) is Vrydag in Jabustraat in Zwide, ’n buurwoonbuurt van KwaZakhele, gevind. Hy het verskeie skietwonde gehad en die polisie vermoed dié moord was ook ’n teikenmoord.

Die polisie het die gemeenskap gevra om met inligting na vore te kom en kapt. Jerome Mackay op 071 475 2015 te bel.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Kwazakhele  |  Misdaad  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.