Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nog ’n man in Soutrivier geskiet

Die polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord nadat ’n 32-jarige man Vrydag in Soutrivier in Kaapstad raakgeskiet is.

Die skietery het om 17:45 op die hoek van Durham-straat en Hoofweg gebeur, sê sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder.

“Volgens inligting het ’n verdagte in ’n Chevrolet-nutsvoertuig skote op die slagoffer gevuur. Die slagoffer is beseer en na ’n hospitaal vir behandeling geneem.”

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Volgens Rwexana volg speurders leidrade op om ’n moontlike verdagte in hegtenis te neem.

Die skietery Vrydagmiddag het gevolg slegs enkele ure nadat Rashied Staggie (60), leier van die Hard Livings-bende, vroeër die oggend voor sy huis in Soutrivier doodgeskiet is. Netwerk24 het berig 12 skote is deur die voorruit afgevuur van die motor waarin hy was. Hy is op die toneel dood.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.