Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nog ’n man op N12 doodgeskiet
Die moordtoneel op die N12.Foto: Verskaf

’n Man is Woensdagaand in sy motor op die N12-snelweg in Putfontein aan die Oos-Rand doodgeskiet.

Dit is in dieselfde omgewing waar ’n jong paartjie, Johanco Fleischman (19) en sy vriendin, Jessica Kuhn (23), in Mei verlede jaar doodgeskiet is nadat hulle sonder brandstof gaan staan het. Ná meer as ’n jaar is twee verdagtes uiteindelik verlede week vir hul moord vasgetrek.

Kapt. Kay Makhubela, Gautengse polisiewoordvoerder, wou nie Woensdagaand nie kommentaar lewer oor of onwettige mynwerkers (zama-zamas), wat in die omgewing bedrywig is, by die jongste moord betrokke is nie.

“Die voorval het omstreeks 18:00 gebeur. Die man is verskeie kere geskiet. Hy het ’n Toyota Corolla met registrasienommer DY 33 GNGP bestuur. Die enjinkap en deure van die voertuig het wawyd oop gestaan toe die polisie by die toneel aankom. Dit is in dié stadium nog onbekend of die man se motor langs die pad onklaar geraak het. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het Makhubela gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.