Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nóg ’n man vas ná Centurion-aanval

Terwyl die tweede verdagte in die aanval op Barnie en Magda van Heerden van Centurion Dinsdag in die landdroshof in Pretoria verskyn het, het die polisie ’n derde verdagte aangekeer.

Ruan van Heerden (18) het Maandag alleen in die landdroshof in Pretoria op aanklagte van onder meer poging tot moord op sy ouers verskyn. Foto: Deaan Vivier

Dié 20-jarige man is Dinsdag by sy werksplek in die The Grove-inkopiesentrum in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting later die week ook in die hof verskyn.

Ruan van Heerden (18), die egpaar se seun, het reeds Maandag in die landdroshof in Pretoria verskyn op twee aanklagte van poging tot moord, asook vir roof met verswarende omstandighede en motordiefstal.

Dinsdag het sy 17-jarige vriendin op dieselfde aanklagte in die spesiale kinderhof verskyn, ook in die landdroshof in Pretoria. Omdat sy minderjarig is, mag haar identiteit nie bekend gemaak word nie.

Sy het vlugtig in die hof verskyn, waar die media nie toegelaat is nie, waarna die saak tot later vandeesweek uitgestel is. Dit is glo gedoen om die polisie kans te gee om die saak verder te ondersoek sodat daar vasgestel kan word of sy onder die toesig van haar ouers vrygelaat kan word.

Volgens ’n betroubare bron is die vriendin glo die aand van die aanval op die Van Heerden-egpaar op beeldmateriaal gesien. Nog ’n bron het egter gesê dat dit nie die vriendin was nie, maar wel die 20-jarige man wat Dinsdagoggend in hegtenis geneem is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.