Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nóg ’n man vas ná moord op branderplankryer

’n Tweede is in hegtenis geneem ná die moord op David Wolfromm (38), ’n volhoubare-energie ingenieur, van Scarborough naby Kommetjie.

Die 38-jarige man van Philippi is Dinsdag deur ’n gesamentlike taakspan bestaande uit lede van die polisie en ’n privaat sekerheidsmaatskappy in hegtenis geneem. Hy is deur lede van die taakspan opgespoor.

David Wolfromm (38) voor met die kitaar. Foto: Facebook

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het gesê hy sal Donderdag in die landdroshof in Simonstad op aanklagte van ontvoering, moord, kwaadwillige saakbeskadiging en regsverydeling verskyn.

Die saak teen Stoffel Wilschutt (30) van Ocean View is Dinsdag in die landdroshof in Simonstad tot 27 Junie vir verdere ondersoek uitgestel.

Wilschutt staan tereg op aanklagte van kaping, roof met verswarende omstandighede, moord en die besit van ’n

ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

Hy is die naweek ná die moord op Wolfromm in hegtenis geneem.

Wolfromm is op Woensdag 8 Mei gekaap kort nadat hy by die Witsandstrand by Kommetjie gaan branderplank ry het. Sy lyk is die aand in Slangkopstraat, Ocean View, in die kattebak van sy brandende Nissan X-Trailer gevind.

Wilschutt sal Donderdag in verband met ’n onverwante saak saam met ’n medebeskuldigde, Mark Williams, in dieselfde hof op aanklagte van roof met verswarende omstandighede verskyn.

’n Bron het gesê die tweede saak hou ook verband met ’n kaping vroeër vanjaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.