Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nóg ’n plaasaanval in Malmesbury

Daar was Maandagoggend in die middernagtelike ure nóg ’n plaasaanval in Malmesbury in die Wes-Kaap nadat die polisie ses verdagtes die naweek in verband met ’n ander plaasaanval Saterdag aangekeer het.

Sers. Noloyiso Rwexana, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek ’n saak van huisroof nadat drie verdagtes Maandagoggend omstreeks 03:00 op ’n plaas toegeslaan het.

“Die slagoffer en sy vrou het geslaap toe hulle ’n geraas by die voordeur hoor. Drie verdagtes het hulle met vuurwapens en ’n koevoet gedreig,” sê Rwexana.

Rwexana sê twee van die verdagtes het vuurwapens gehad, terwyl die derde die koevoet gedra het.

“Die verdagtes het die slagoffers vasgemaak, waarna hulle die paar besteel het. Een van die slagoffers het ’n kopwond opgedoen.”

Rwexana sê die verdagtes het te voet gevlug en is nog nie aangekeer nie.

Sy sê die polisie volg leidrade op.

Volgens inligting wat nie bevestig is nie, het die man en vrou self losgekom en hulp gaan soek, waarna die man hospitaal toe geneem is.

Netwerk24 het vroeër berig dat ses verdagtes in verband met nóg ’n plaasaanval naby Malmesbury in hegtenis geneem is nadat boere in die omgewing, vrywilligers en die Malmesbury-polisie saamgewerk het om paaie af te sper.

Lt.kol. Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, het Sondag in ’n verklaring gesê sewe gewapendes het twee broers, onderskeidelik 17 en 20 jaar oud, en hul pa Saterdagaand omstreeks 19:45 by hul huis op die plaas Droëvlei gekonfronteer en aangeval.

“Ná die aanranding het hulle met van die gesin se besittings gevlug. Sowat 3 km van die misdaadtoneel af is ses van die sewe verdagtes deur die polisie in hegtenis geneem. Hulle is tussen 23 en 27 jaar oud. Die sewende verdagte word nog gesoek,” sê Traut.

Meer oor:  Malmesbury  |  Huisroof  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.