Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nóg ’n polisielid doodgeskiet

’n Polisiekonstabel is vermoor toe hy en kollegas kapers in Mpumalanga Saterdagaand op heter daad betrap het.

Kol. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, sê dit was die tweede keer die naweek dat genl. Khehla John Sithole, nasionale polisiekommissaris, sy meegevoel aan ’n polisielid se familie moes betuig. Vrydagaand is ’n konstabel in KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Volgens Muridili het het konst. Thabo Mdluli en twee kollegas, ’n sersant en nog ’n konstabel, Saterdagaand patrolliewerk in Kwaggafontein, Mpumalanga, gedoen.

“Langs die R573-pad in Vlaklaagte het hulle ’n Toyota Corolla gesien met die noodligte aan. Toe hulle ondersoek instel, het die voertuig weggejaag en die polisie is agterna.

“Ná ’n jaagtog van etlike kilometer het die voertuig stilgehou. Iemand het uitgeklim en op die polisie geskiet.

Die polisielede het teruggeskiet, maar Mdluli is getref.

Terwyl sy kollegas hom probeer help het, het die mense in die voertuig weggehardloop.

“By nadere ondersoek het die polisie iemand in die voertuig gevind. Hy het vertel dat hy aangehou is nadat sy voertuig gekaap is. Hy is glo deur drie mense in ’n voertuig met blou ligte voorgekeer,” sê Muridili.

Die polisie het ’n 72-uur-aksieplan in werking gestel om die voorval te ondersoek.

Sithole sê alles moontlik moet gedoen word om mense aan te keer wat voorgee om polisielede te wees en “niksvermoedende wetsgehoorsame burgers kaap”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.