Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nog ’n polisielid in Oos-Kaap doodgeskiet

Nog ’n polisielid is Vrydag in die Oos-Kaap doodgeskiet.

Speur-sers. Mphakameli Mazinywana (48) is deur rowers by sy huis in die Payne-nedersetting, Mthatha, doodgeskiet nadat hulle sy huis se deur oopgeskop en ’n vuurwapen geëis het.

“Hulle het hom in die bolyf geskiet en sy dienspistool gevat voordat hulle gevlug het,” sê brig. Tembinkosi Kinana, provinsiale polisiewoordvoerder.

Mazinywana se vrou was tydens die aanval tuis, maar is ongedeerd.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, beskryf Mazinywana, wat by die Mthatha-Sentraal-polisiekantoor gestasioneer was, as ’n getroue en toegewyde voetsoldaat van misdaadondersoeke in die provinsie.

“Die polisie het ’n held, pa en dienaar van die gemeenskap verloor. Ons as polisiegemeenskap is verpletter, maar sal die skuldiges vastrek.”

Mazinywana se moord kom nadat sers. Nyameko Mbelani (38) op 1 Junie in ’n hospitaal dood is nadat hy deur rowers by ’n vulstasie in Idutywa raak geskiet is.

Die Oos-Kaapse polisie het Vrydag ook ’n lid van die blitspatrollie-eenheid in Gqeberha (Port Elizabeth) aan die dood afgestaan.

Die lyk van konst. Darren Grebe (33) is Vrydag in sy huis in die stad aangetref. Hy het vermoedelik sy eie lewe geneem.

Kinana sê ’n geregtelike doodsondersoek is geopen, maar die polisie sal nie oor die omstandighede bespiegel nie.

Minstens nege polisielede is reeds vanjaar in die Oos-Kaap vermoor, van wie vier tydens hul moord aan diens was.

Meer oor:  Mthatha  |  Oos-Kaap  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.