Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nóg ’n polisielid vermoor

Die Oos-Kaapse polisielid wat vandeesweek deur rowers raak geskiet is, het aan sy wonde beswyk.

Sers. Nyameko Mbelani (38) van die Iduytwa-polisiekantoor is minstens die agtste polisielid wat vanjaar in die Oos-Kaap vermoor is. Vier van dié lede was tydens hul moord aan diens.

Mbelani was 15 jaar in die polisie se diens. Hy was getroud en het drie kinders.

Netwerk24 het vroeër berig Mbelani is raak geskiet terwyl hy en ’n kollega Maandagoggend vroeg ontbied is na ’n rooftog by ’n vulstasie in Idutywa.

Volgens die polisie se inligting is daar onophoudelik op hulle geskiet toe hulle in ’n polisievoertuig op die toneel aankom.

Mbelani is in die bolyf getref en in ’n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem.

Brig. Tembinkosi Kinana, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die polisie het Dinsdag die hartseer tyding van Mbelani se dood ontvang. ’n Saak van moord sal nou ny die ondersoek na die roofvoorval bygevoeg word.

Lt. genl. Liziwe Ntshinga, Oos-Kaapse polisiekommissaris, het in ’n verklaring haar skok en hartseer oor Mbelani se dood uitgespreek.

“Ons moet almal egter troos vind in die feit dat ses van die agt beskuldigdes reeds in hegtenis is. Hulle sal die hoogste prys moet betaal in ons howe vir die lewe van ’n onskuldige dienaar van die gemeenskap,” sê Ntshinga.

Die ses vermeende rowers is Maandag naby Tsolo aangekeer nadat polisieversterkings ingeroep is om die rowers agterna te sit terwyl hulle van Idutywa in die rigting van Mthatha gevlug het.

Twee van die vermeende rowers word nog gesoek.


Meer oor:  Polisiemoord  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.