Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nog ’n soldaat vas wat glo eiendom van weermag steel

Nog ’n Bloemfonteinse soldaat is vandeesmaand gevang nadat hy na bewering “verskeie items” van vragmotors wat aan die weermag behoort gesteel het.

Kpl. Sipho Samuel Lolwane is die tweede soldaat wat by 1 Spesiale Diensbataljon (1SDB) op die Tempe-weermagbasis in Bloemfontein gesetel is wat vandeesmaand vir beweerde diefstal van staatseiendom aangekeer is.

Lolwane is op 15 Julie aangekeer, het brig.genl. Mafi Mgobozi, woordvoerder van die weermag, by navraag gesê.

Netwerk24 verneem die gesteelde items sluit tien vragmotorbande en vellings in, asook twee remdromme van vragmotors.

Volgens Mgobozi het beamptes van die militêre polisie die gesteelde items by ’n skrootwerf in Bloemfontein opgespoor nadat hulle Lolwane in hegtenis geneem het.

Lolwane het reeds in ’n militêre hof verskyn en sy verhoor is tot einde volgende maand uitgestel.

Sy inhegtenisneming is minder as ’n week ná die inhegtenisneming van stafsers. Hans van Wyk (44), ook van 1SDB, nadat hy glo ’n ratel-enjin, twee ewenaars van tenks en vier geweerkaste van R1,4 miljoen gesteel en na bewering aan ’n skrootwerf verkoop het.

Van Wyk is in hegtenis geneem ná ’n gesamentlike ondersoek deur die militêre polisie se intelligensiediens

en die polisie in Bloemfontein se misdaadintelligensie-eenheid.

Mgobozi het vroeër gesê Van Wyk het die enjin, ewenaars en geweerkaste na bewering by die weermag se

mobiliseringsentrum op De Brug, buite Bloemfontein, en sy eenheid op die Tempe-weermagbasis gesteel en

dit met ’n weermagvoertuig vervoer.

Die vermoede bestaan dat albei mans hul buit by dieselfde skrootwerf verkoop het. Mgobozi sê die ondersoek sal bepaal of die mans se sake met mekaar verband hou.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Soldaat  |  Weermag  |  Vragmotors  |  Steel  |  Eiendom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.