Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nog ’n taxibestuurder in Ceres doodgeskiet

Nog ’n taxibestuurder is Dinsdagoggend in Ceres doodgeskiet en ’n vierjarige seuntjie gewond.

Vyf mense is verlede Dinsdag dood ná ’n skietery by die Vredebes-taxistaanplek in Ceres. Foto: Boland Dorpe/Facebook

Die jongste voorval kom skaars ’n week nadat vyf mense verlede Dinsdag dood is toe drie onbekende mans op mense by die Vredebes-taxistaanplek losgebrand het.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sê die voorval Dinsdagoggend het omstreeks 07:00 in Eluxolwenilaan in Nduli, Ceres, gebeur.

“ ’n Klag van Moord en poging tot moord word ondersoek ná ’n voorval vanoggend waar ’n 26-jarige taxibestuurder doodgeskiet is. ’n Vierjarige seuntjie wat ’n passasier in die taxi was, is ook raakgeskiet en na ’n hospitaal geneem.”

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Na verneem word was werknemers van die maatskappy Bella Frutta Packhouse in die taxi ten tyde van die skietery. Die maatskappy het die voorval by navraag bevestig, maar verdere navrae is na die polisie verwys.

• Vier mense, vermoedelik taxibestuurders, is verlede Dinsdag doodgeskiet en nog ’n man is later in die hospitaal dood. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Volgens die polisie hou die voorval met taxigeweld verband en gaan dit vermoedelik oor taxiroetes.

Meer oor:  Ceres  |  Taxibestuurder  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.