Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nog ’n taxidiens-bestuurder in Baai doodgeskiet

Die polisie in Gqeberha ondersoek ’n moordsaak nadat nog ’n bestuurder van ’n app-gegronde taxidiens in die stad doodgeskiet is.

Die 38-jarige man, wie se naam deur die polisie weerhou word, is minstens die derde app-gegronde taxibestuurder wat vanjaar aan diens geskiet is. Slegs een van die drie slagoffers het die afsonderlike skietaanvalle oorleef.

Sedert verlede jaar slaan rowers toenemend toe op taxibestuurders van hierdie dienste, veral in Newtonpark, KwaZakhele en New Brighton.

In die jongste voorval is die 38-jarige man Donderdagmiddag voor ’n huis in Skomolostraat in New Brighton geskiet.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê met die polisie se aankoms op die toneel is die oorledene se blou Datsun Go-motor teen ’n huis se grensmuur aangetref. Die oorledene het ’n skietwond in die kop gehad. Die polisie se aanvanklike ondersoek dui daarop dat niks gesteel is nie.

Daar word beweer drie passasiers is oomblikke voor die skietery in die taxi gesien, maar Naidu sê die polisie het nog niemand in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

Die polisie het wel vroeër vanjaar twee mense vasgetrek weens die moord op Garrison Snayers (29), die pa van twee kinders wat tydelik as ’n taxibestuurder vir ’n app-gegronde taxidiens gewerk het. Hy is op 17 Februarie in New Brighton doodgeskiet nadat hy passasiers hier afgelaai het.

Meer oor:  Gqeberha (Port Elizabeth)  |  Doodgeskiet  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.